Media: Twee dood in jeugkamp-aanval

28 09 2009

2009-09-27 15:48
Verwante skakels – Nuus24

Durban – Twee mense is dood nadat hulle tydens ‘n jeugkamp by die Kennedy Road-informele nedersetting in Durban aangeval is, het die KwaZulu-Natal polisie gesê.
“Die slagoffers is aangeval, geslaan en gesteek,” het Dir. Phindile Radebe gesê. Sowat agt verdagtes is in verband met die moorde in hegtenis geneem.

Die Mjondolo-beweging wat swerwers bymekaar bring, het glo ‘n jeugkamp by Kennedy Road aangebied. Minstens 40 gewapende mans het Saterdagaand tydens die kamp die nedersetting binnegekom.

“Die aanval was vooraf beplan en die polisie het daarvan geweet,” het Mzwakhe Mdlalose, die beweging se woordvoerder gesê.

Radebe het gesê dit is hoogs “onwaarskynlik” dat die polisie glo geweet het van die aanval en na bewering weggebly het.

Radebe het egter gesê die polisie is van die voorval in kennis gestel en het na die toneel gehaas. “Dit is hoe agt mense in die proses in hegtenis geneem is,” het sy gesê.

-Sapa

Advertisements

Actions

Information




%d bloggers like this: