Die Burger: Inwoners ruk op oor huise

20 03 2009

CARRYN-ANN NEL
20/03/2009 09:21:16 PM – (SA)

Source: Die Burger

Kaapstad. – Die sypaadjiebewoners wat al langer as ’n jaar in Symphonyweg in Delft bly en deur ’n moontlike

Talle inwoners op die sypaadjie van Symphonyweg in Delft het gister voor die Wes-Kaapse hoë hof betoog teen ’n moontlike uitsettingsbevel.   Foto: TARYN CARR

Talle inwoners op die sypaadjie van Symphonyweg in Delft het gister voor die Wes-Kaapse hoë hof betoog teen ’n moontlike uitsettingsbevel. Foto: TARYN CARR

uitsettingsbevel in die gesig gestaar word, verkoop nou koeke en bak roti’s om geld in te samel om die saak te probeer wen.

“Ons eie lawyers sál ons kry om die saak te wen. Ons is baie vasbeslote mense. As ons iets wil hê, dan gáán ons daarvoor,” het me. Karima Linnerveldt, ’n inwoner, gister op die trappe van die Wes-Kaapse hoë hof gesê.
Sy was gister deel van sowat 100 inwoners van die gebied wat na die hof opgeruk het uit protes teen die Kaapse stadsraad wat hulle na ’n ander gebied wil verskuif. Dié inwoners was deel van die sowat 2 000 inwoners wat verlede jaar ingevolge ’n hofbevel uit die huise van die N2 Gateway-projek gesit is.

Van die inwoners het hierna na die sypaadjie in Symphonyweg getrek terwyl ander na sinkhuise (Blikkiesdorp) getrek het wat deur die Kaapse stadsraad voorsien is.

Dit is weens die besetting van die sypaadjie in Symphonyweg dat die aansoek nou by die hof is.

Me. Johanna Kotzee, direkteur van strategie, bystand en koördinering van die Kaapse stadsraad, voer in hofstukke aan daar is tans sowat 100 strukture wat onwettig langs die sypaadjies in Symphonyweg opgerig is en dat die stadsraad wél alternatiewe huisvesting voor­sien het.

Die plakkers weier egter om te trek.

Die woorde “No land, no house, no vote” kon gister op sommiges inwoners by die hof se T-hemde gesien word. Inwoners het ook besluit om hul kinders saam te bring hof toe om te wys dat hulle ook vir hul kinders se regte baklei.

Sy het gesê hulle gaan uit hul pad uit nou om geld vir regsverteenwoordiging in te samel.

“Ons hou karaoke-aande, bak koeke en roti’s. Ons het sommer vandag hier voor die hof ook roti’s verkoop.”

Waarnemende regter Francois Joubert het die saak tot 9 Junie uitgestel vir die inwoners om regsverteenwoordigers aan te stel en hofstukke te liasseer in reaksie op die Kaapse stadsraad se aansoek.

Advertisements

Actions

Information




%d bloggers like this: