Media: Joe Slovo sal appelleer oor skuif

10 03 2008

UNA CUPIDOEN CARRYN-ANN NEL
10/03/2008 10:09:34 PM – (SA)
Source: Die Burger

KAAPSTAD. – “Hlophe en andere het oorlog verklaar teen die inwoners van

Duisende inwoners van Joe Slovo het gister voor die Kaapse hooggeregshof betoog. Die mense is vasbeslote om nie na Delft verskuif te word nie, ondanks die beslissing van regter-president John Hlophe, wat ’n uitsettingsbevel toegestaan het. Foto: GARTH STEAD

Duisende inwoners van Joe Slovo het gister voor die Kaapse hooggeregshof betoog. Die mense is vasbeslote om nie na Delft verskuif te word nie, ondanks die beslissing van regter-president John Hlophe, wat ’n uitsettingsbevel toegestaan het. Foto: GARTH STEAD

Joe Slovo en moet verantwoordelikheid neem vir die gevolge daarvan.”

Dít was gister die woorde van mnr. Mzwanele Zulu van die Joe Slovo-taakspan ná regter-president John Hlophe se uitspraak, waarin hy beveel het dat sowat 20 000 mense uit die Joe Slovo-nedersetting verwyder word.
Die inwoners, van wie sommige reeds vir sowat 15 jaar daar woon, is egter reeds van plan om hier­-
die ­uitspraak te betwis en gaan hulle na die appèlhof in Bloemfontein wend om in die gebied aan te bly.

Zulu, koördineerder van die taakspan, het in ’n verklaring gesê dat ’n teenvoeterplan – Plan B – bekend gemaak sal word.

Hy wou nie verder hieroor uitwei nie.

Hoewel die beslissing nie in die duisende gesinne se guns was nie, was hul gees blykbaar nie gedemp nie en was hulle steeds vasbeslote om die gebied nie te verlaat nie.

Gisteroggend het duisende inwoners buite die Kaapse hooggeregshof saamgedrom.

“Phansi (weg) regter Hlophe! Phansi Thubelisha!” het hulle gebulder.

Thubelisha Homes, die ontwikkelaar van die regering se N2-behuisingsprojek, en die nasionale en provinsiale departmente van behuising het verlede jaar om ’n uitsettingsbevel aansoek gedoen om die nagenoeg 6 000 gesinne tydelik na Delft te verskuif om huise daar te bou.

Daar was ’n groot polisieteenwoordigheid in Joe Slovo toe die skare gistermiddag na die gebied teruggekeer het. Van hulle het ’n houtstruktuur omgegooi, maar het die struktuur weer opgetel en reggesit.

Volgens mnr. Xolani Xundu, ’n woordvoerder van die nasionale departement van behuising, beoog dié departement om nóg sowat 1 500 eenhede hier te bou.

Prof. Martin Legassick, afge­trede professor in die geskiedenis aan die Universiteit van Wes-Kaapland, wat ’n navorsingsinligtingstuk oor die behuisingskrisis in die Wes-Kaap geskryf het, het by navraag gesê dit is “burokratiese malligheid”.

“Die behuisingsprojek moet herontwerp word om die gesinne in Joe Slovo te huisves,” het Legassick gesê.

Sowat 1 600 gesinne wat die N2 Gateway-behuisingsprojek in Delft Symphony onwettig beset het, is drie weke gelede uitgesit ná ’n uitsettingsbevel.

Sowat 70% van die N2-behuisingsprojek se 30 000 beoogde eenhede gaan aan inwoners in informele nedersettings en 30% daarvan aan agterplaasbewoners.

In sy uitspraak van 51 bladsye het Hlophe gesê die staat probeer geensins om die apartheidspook van gedwonge verskuiwings te herhaal nie.

“Die departement van behuising voldoen slegs aan ’n grondwetlike verpligting om voldoende behuising te voorsien.

“Dit is nie ’n massa-uitsetting nie, maar ’n strategiese herplasing wat in fases gedoen word volgens die beskikbaarheid van tydelike hervestigingsgebiede en selfs met bystand om die inwoners te verskuif.

Hlope het beslis dat die inwoners stelselmatig van 17 Maart af moet trek.

Advertisements

Actions

Information




%d bloggers like this: